Beste Kliënt

Met die regte toegeruste kennis, is jy gereed om die regte besluite te neem, wat weer jou finansiële toekoms beïnvloed. Deur op hoogte te bly van aangeleenthede soos aftrede, gesondheid, risiko en persoonlike finansies, is jy dus in die beste posisie om die beste finansiële uitkoms te verseker.

Ons fokus op millenniërs se aftreevooruitsigte en wat jou te doen staan om vir ’n langer aftrede voor te berei aangesien mense langer leef. Verder kyk ons ook na statistieke oor gevreesde siektes, wat die noodsaaklikheid van hierdie sort dekking vir jonk en oud beklemtoon.

Daar word ook gekyk na die risiko’s van voertuig bestuur in Suid-Afrika en wat jy moet doen om jouself te beskerm met die regte voertuigversekeringspolis.

Ons is halfpad deur die jaar, dus sal dit raadsaam wees om dalk juis nóú te kyk of jy nog op koers met jou finansiële doelwitte. As jy nog nie werk gemaak het daarvan nie, onthou sukses begin met die eerste tree!

Mooi loop!

Elsa Pienaar 

Dink anders oor aftredeDink anders oor aftrede

Onlangse statistieke oor of millenniërs (mense wat tussen 1981 en 1996 gebore is) met genoeg spaargeld sal kan aftree, skets ’n onrusbarende prentjie. Daar is bevind dat millenniërs gemiddeld R40 000 vir aftrede gespaar het, wat beteken hulle sal hul spaarpogings oor die volgende 20 jaar aansienlik moet opskerp om gerieflik te kan aftree. Boonop leef mense deesdae langer, en jou aftreespaargeld alleen sal waarskynlik nie genoeg wees om die wa deur die (aftree)drif  te trek nie.

Klik hier vir splinternuwe idees oor hoe om jou aftreeneseier aan te vul om ’n geriefliker aftrede te verseker.

Gevreesde siektes wat jonger mense raakGevreesde siektes wat jonger mense raak

Kanker is die oorsaak van 24% van alle gevreesdesiekte-eise, en terwyl kanker mense van alle ouderdomme kan tref, is dit kommerwekkend om te sien dat byna 40% van die eise van millenniërs en jong ouers af kom.

Om vroeg in jou loopbaan met ’n gevreesde siekte gediagnoseer te word, kan uiterste finansiële stres veroorsaak en al jou planne vir toekomstige finansiële sekuriteit laat ontspoor as jy nie dekking het nie.

Klik hier om te sien wat die vernaamste oorsake van gevreesdesiekte-eise is.

Waarom voertuigversekering belangrik is

Die risiko om ’n voertuig op Suid-Afrikaanse paaie te bestuur, is groot – gegewe dat meer as die helfte van geregistreerde voertuie onverseker is.

Jy is dalk in die versoeking om die polis met die laagste premie te kies, maar nie alle versekeringspolisse is dieselfde nie. Maak seker jy verstaan die voordele wat die polis bied en hoeveel die bybetaling is wanneer jy ’n eis instel.

Klik hier om uit te vind watter vrae om te vra waar dit by voertuigversekering kom.

Is jou finansiële doelwitte op koers?
Is jou finansiële doelwitte op koers?

Kontakbesonderhede

Titel:  Mev

Naam:  Elsa

Van:  Pienaar

Telefoon:  082 923 5118 of kantoor 051-4363141

E-pos:  elsa@fintip.co.za

Straatadres:  Paul Roux str. 24 Dan Pienaar

Ek sien uit om van jou te hoor!